Description
Gesinswoning te Koop in Tergniet
‘n Veeldoelige gesinswoning wat baie goed instand gehou word, nou in die mark.
Die hoofwoning het 3 slaapkamers, 2 badkamers, ‘n gaste toilet, ruim oopplan kombuis/eetkamer en leefarea op ‘n lekker plat erf.
Die aangrensende woonstel het 2 slaapkamers, ‘n vol badkamer asook ‘n oopplan kombuis en leefarea.
Die woonstel is ook ideaal om te verhuur of as ‘n kantoor te dien; werk van die huis af.
Die erf is ten volle omhein, dierevriendelik en het afstandbeheerde toegang.
Die eiendom is goedgeleë in ‘n stil deel van Tergniet en ongeveer 1km van die strand.
Hierdie is ‘n goeie belegging; kontak ons gerus.
#NT15 – Gesinswoning te Koop in Tergniet
Location
Gleniqua Properties
© 2025 Gleniqua Properties All rights reserved.