Description
Meenthuis te Koop R2 650 000 in Tergniet
Hierdie is ‘n baie oulike huis wat gemak en ‘n gerieflike leefstyl bied in ‘n veilige oord.
Dit bestaan uit ‘n oop-plan kombuis/leefarea, 2 gerieflike slaapkamers en 2 badkamers.
Die hoofslaapkamer se instapbadkamer bied ‘n stort, wasbak en toilet. Die 2e badkamer het ‘n bad soos benodig.
Die enkel motorhuis is langer as die gewone, waar die wasmasjien en tuimeldroër staan. Die kombuis het ‘n punt vir die skottelgoedwasser.
Hier is jy stapafstand van die strand en ook naby die winkels en mediese dienste wat Groot Brakrivier bied. En George lughawe is slegs 15 minute hiervandaan.
Kom koop hier met ‘n geruste hart!
Kontak Neil – 083 388 9446.
#NT17 - Meenthuis te Koop R2 650 000 in Tergniet
Location
Recommended For You
Gleniqua Properties
© 2025 Gleniqua Properties All rights reserved.